​Tuisteverbetering: 5 idees om jou tuin op te kikker

Johannes van Graan Johannes van Graan
Project Completed by Liquid Landscapes, Liquid Landscapes Liquid Landscapes Front yard
Loading admin actions …

Tuinmaak bly maar een van die gewildste stokperdjies ter wêreld – en hoekom nie? Dit is ‘n verskoning om bietjie vars lug buite te skep, dis kreatief, jy leer altyd iets nuuts, plus dit kan tel as oefening!

Dus, om hierdie gewilde tydverdryf te vier (wat natuurlik floreer hier in Suid-Afrika se lieflike klimaat), kyk ons na 5 oulike idees wat jy in jou tuin kan aanbring – met of sonder hulp, afhangende van jou DIY talente!

1. ‘n Ingang om jou buurman jaloers te maak

Wat ‘n fantastiese ontwerp vir jou voorste ingang – dit sal mos nou enige kuiergas welkom (en bietjie jaloers) laat voel! Dis soos ‘n klein parkie, kompleet met fontuintjie en klippaadjie, op sy eie.

2. ‘n Kreatiewe kuierplek

Alhoewel dit bietjie werk gaan vat, dink ons hierdie boma is dit werd – waar anders gaan jy so lekker uitleg kry wat toelaat dat al die vriende lekker snoesig voor daai vuur saamdrom? 

Natuurlik is die netjiese erf en boompies die kersie op die koek.

3. So paar lekker kurwes

Natuurlik is ‘n tuin soveel meer as ‘n paar reguit lyne wat die blombeddings skei van die gras en voetpaadjie. Hierso kan ons sien hoe ‘n paar skuins kurwes net so netjiese tuintjie kan uitlê – en kyk net hoe mooi kontrasteer dit met die huis in die agtergrond se reguit lyne.

4. ‘n Klippie paradys

Dis mos glad nie nodig dat jou tuin of erf oorgroei met onkruid, lang gras en wie weet wat nog nie! ‘n Klippie uitleg so tussendeur al die groenigheid kan net so kreatief lyk – en dit gaan natuurlik minder water benodig.

5. ‘n Swembad

Van min water na baie water, kan jy regtig nie beter as ‘n lekker swembad in jou erf nie. Maar moenie net gaan vir ‘n gat in die grond nie – laat jou tuin se ontwerp oorspoel na die swembad toe om ‘n fraai en unieke skepping te maak, soos hierdie netjiese boompies wat die swembad omring. 

Vir nog meer vars inspirasie, kyk gerus na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine