Ons weet mos hoe lekker dit is om saam met vriende rondom ‘n oop vuur te kuier. Ja nee, om ‘n heerlike braai te geniet is een van die lekkerste dinge om te doen in die vars buitelug gedurende die somer.
Maar wat van die winter?
Vandag se stukkie wys vir ons hoe ‘n gesin dié probleem oplos deur ‘n stylvolle braaikamer aan te bou vir wanneer die lus vir ‘n braai daar is, maar die weer nie wil saamspeel nie.
Die span van MyBuilders in Somerset-Wes was daar om te help – kom ons kyk hoe dit als gebeur het…
Soos ons kan sien, was daar lekker gerieflike spasie beskikbaar om ‘n braaikamer aan te las. En kyk net: die braai is al klaar besig om lekker struktuur te kry daar aan die regterkant!
Deur die nuwe braaikamer se mure dieselfde kleur en styl as die huis s’n te maak, gaan dit lyk asof dit ‘n bestaande struktuur in plaas van ‘n nuwe een is. Soms wil mens ‘n uitbreiding lekker laat uitstaan, en soms nie.
Voor ons verder gaan, kom ons loer eers hoe die area gelyk het voor daar met die bouery begin het. Waar die nuwe braaikamer gaan wees was eers ‘n lekker stoepie met ‘n bestaande braai spasie. En alhoewel dit lyk asof dit ‘n lieflike kuierarea kon wees, is die braaikamer idee net meer prakties.
Nog net so paar stappies verder, dan is die braaikamer kant en klaar! Maar hier kan ons reeds sien hoe perfek die nuwe spasie aangelas is aan die bestaande huis – so asof dit al vir jare daar staan.
En dit lyk asof die braaier self ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het – die rustieke voorkoms van die klip en baksteen vloei te lekker saam met die houtvloer!
Wel gedaan!
Kyk gerus na hierdie 10 briljante idees vir ‘n Suid-Afrikaanse braai.