​‘n Moderne modulêre huis om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern houses
Loading admin actions …

Ons homify 360° stukkie vir vandag kom vanuit Poland en is geskep deur die profesionele by Homekoncept Projekty Domow Nowoczesnych

Gewoonlik wanneer dit by moderne ontwerpe kom, sien ons meer ligte en neutrale kleure. Maar hierdie ontwerpers het besluit dis tyd om iets anders te doen, en met hierdie moderne huis slaag hulle heel suksesvol daarin om sagte kleure met donker skakerings te meng – en die resultate lyk briljant.

Kom ons beloer bietjie hierdie moderne droom skepping deur foto’s en die vloerplanne!

Die voorkant

Ons het nog skaars begin om hierdie huis uit te ken en ons kan alreeds sien hoe elegant en gesofistikeerd die ontwerp is. Kyk hoe netjies werk die donker grys, spierwit en warm hout saam!

En dan praat ons nie eers van die lieflike patrone en teksture wat deur middel van die verskillende materiale gespog word nie.

Hoe sal jy voel om elke middag jou kar voor daardie sjiek motorhuis te parkeer?

Die pragtige agterkant

Natuurlik is die agterkant van die huis ook nie te versmaai nie, maar hierso is die ontwerp baie meer oop as die voorkant met die tamaai groot vensters en glasdeure. 

Maar die hoof elemente wat asems wegslaan hierso is definitief daardie sjiek stoep, swembad en houtdek! Wat ‘n perfekte paradys in jou eie agtererf!

Die vloerplanne: Grondvloer

Ongelukkig het ons geen foto’s van die huis se binnekant nie. Maar aangesien ons die vloerplanne in die hande gekry het, het ons geen probleem om die huis se uitleg voor te stel nie.

Soos jy kan sien, bied hierdie indrukwekkende ontwerp op die grondvloer die volgende: ‘n twee-kar motorhuis; ‘n oopplan uitleg vir die kombuis, eetkamer en sitkamer; ‘n badkamer en ‘n studeerkamer.

Die vloerplanne: Boonste verdieping

Die huis se bokant is net so indrukwekkend en prakties, want hier vind ons: drie slaapkamers; twee badkamers en nog ‘n kamer wat kan dien as ‘n kantoor (of speelkamer vir die kinders, of wat van ‘n inloop kas/aantrekkamer?). 

Die perfekte voorbeeld van die perfekte droomhuis!

Lus vir ietsie groter? Bekyk dan Die Johannesburg huis met ‘n elegante leefstyl.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine