​Moderne sekuriteitsdeure – 7 stylvolle voorbeelde

Johannes van Graan Johannes van Graan
自地自建, 勝暉建築工程行 勝暉建築工程行 Modern windows & doors
Loading admin actions …

Traliewerk teen vensters en deure is niks nuuts nie, veral nie hier in Suid-Afrika nie, maar daar is geen rede hoekom dit nie stylvol gedoen kan word nie. Kom ons beloer 7 voorbeelde van moderne sekuriteitsdeure en kyk ‘n bietjie hoe kreatief en stylvol metaal aangewend kan word…

1. Danksy sy versierde patrone, word hierdie deur/hek een van die stylvolste elemente in hierdie ingang!

2. Soos hier gesien, kan deure ook gemaak word van glas of met kreatiewe ontwerpe wat tegelykertyd ventilasie en beveiliging toelaat.

3. Wie’t nou gesê jou veiligheidshek kan nie pragtig gemaak word met ‘n elegante blommeontwerp nie?

4. Vir ‘n sagter styl, word grys metaal maklik saamgepas met wit en ander neutrale kleure.

5. Aan die ander kant kan ‘n goue ontwerp dadelik ‘n dekadente styl verseker.

6. Met so ‘n delikate ontwerp kan mens net aanhou staar en staar…

7. Al is hierdie versierde deur groot en dig, laat dit nogsteeds lekker lig deur danksy al daardie glas.

Van die buitekant na binne, kom ons bekyk 20 voorbeelde van houtmeubels vir jou huis.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine