​14 Klein en pragtige Suid-Afrikaanse kombuise

Johannes van Graan Johannes van Graan
House B - House Design , Redesign Interiors Redesign Interiors Kitchen
Loading admin actions …

Niks kom by ‘n stylvolle en funksionele kombuis nie. En as mens dink hoeveel tyd ons spandeer in hierdie area van die huis, maak dit net sin om bietjie ekstra moeite in daardie kombuis se ontwerp te sit om te verseker dat dit prakties sowel as pragtig is. 

En wat is die een ding wat beter is as ‘n pragtige kombuis? Een wat in Suid-Afrika (en deur Suid-Afrikaanse ontwerpers) ontwerp is, natuurlik! Dis hoekom ons hierdie 14 klein en pragtige Suid-Afrikaanse kombuise saamgestel het. Nie net sodat jy kan sien hoe indrukwekkend plaaslike ontwerp kan wees nie, maar ook om jou te inspireer vir jou eie kookruimte. 

Want ‘n kombuis hoef mos nie groot te wees om mens se hart te steel nie…

1. Wie’t gesê blou kan nie briljant wees nie?

2. Daardie helderrooi stoele geniet beslis aandag.

3. Kyk net watse parmantige karakter bring daardie muurpapier in.

4. Is daar enigiets beter as ‘n stylvolle kombuis eiland wat kan uithelp met stoorspasie?

5. Hierdie L-vormige eiland benut die kombuis se klein uitleg fantasties.

6. Danksy briljante stoorplek, is hierdie kombuis vêr van deurmekaar!

7. Ons is altyd mal oor neutrale kleurskemas.

8. Dís mos nou die perfekte kuierplekkie!

9. Al is hierdie muur propvol kaste en laaie vir stoorplek, geniet die ontwerp ‘n baie stil, eenvoudige styl.

10. Wie’t gesê jou seiljag kombuis hoef nie ook pragtig en prakties te wees nie?

11. Tekstuur, patroon en aardse kleure verskaf ‘n kenmerkende ontwerp aan hierdie oopplan kombuis.

12. Helder kleure en eklektiese style is dalk nie almal se koppie tee nie, maar as dit werk dan werk dit!

13. Aan die ander kant kan die minimalistiese styl net so treffend wees.

14. Sagte neutrale kleure is ideaal om ‘n klein kombuis groter te laat lyk. En vorm die perfekte palet vir bykomende kleure en patrone.

Van een vertrek na ‘n ander, beloer gerus hierdie 13 droom idees vir jou slaapkamer.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine